Ná bykans 168 uur, gaan soek-en-reddingswerk ononderbroke voort na die 28 mense, wat teen vroeër vandag, nog nie in die puin op die George-rampperseel gevind kon word nie. Die dodetal, nadat ‘n blok wooneenhede wat onder konstruksie was, verlede Maandag ineengestort het, staan nou op 24.
Hoewel dit moeilik is om te bepaal wanneer soek-en-reddingsprotokol, na die van soek alleen oorskakel, heers daar ‘n diep bewustheid dat die tyd hiervoor al nader kom.