Hospitale in die Vrystaat stuur pasiënte huis toe met suurstof

Hospitale in Bloemfontein en dele van die Vrystaat is vol.

Netwerk 24 berig dat Covid-19 pasiënte by sommige van die hospitale nou met suurstof huis toe gestuur word, sou hulle dit benodig.

Dr. Freek Bester, internis by die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein, sê dat, eers wanneer Covid-19 pasiënte verbeter en na ander sale kan gaan, ten volle herstel of sterf, gaan daar plek oop vir ander pasiënte.

Intussen word pasiënte huis toe gestuur met suurstof, om plek te maak vir nuwe pasiënte.

Maandag was veral ‘n moeilike dag in die Rosepark-hospitaal, aangesien talle van die werkers, weens die betogings , nie kon gaan werk het nie.

Luister na potgooie hieronder