Huidige data toon steeds dat daar ʼn daling in petrolpryse kan wees in Janaurie. As alles goed verloop en toestande dieselfde bly kan diesel met sowat drie rand per liter goedkoper kos. Petrol kan met soveel as twee rand per liter daal. Dit is ongelukkig nog nie genoeg om die groot stygings in brandstofpryse van 2022 uit te wis nie, maar kan ʼn mate van verligting vir verbruikers bring.