Suid-Afrikaners sal nog ‘n geleentheid kry om kommentaar te lewer op die Wysigingswetsontwerp op Algemene Intelligensiewette. Die Nasionale Raad van Provinsies se ad hoc-komitee het gevra vir verdere kommentaar oor die nuwe voorgestelde bepalings van die wetsontwerp.

Dit beteken dat die wetsontwerp nie voor die einde van die termyn van die huidige parlement afgehandel mag word nie. Burgerlike organisasies het kommer uitgespreek oor die wye definisies van nasionale veiligheid en instellings of persone van ‘n nasionale veiligheidsbelang. Nuwe kommentaar oor die wetsontwerp sal met verdrag na die Nasionale Vergadering terugverwys word alvorens dit aanvaar kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×