Die konstruksie om huise te herbou wat tydens die Jagersfontein-myn slikramp verwoes is, het na 15 maande begin. SABC Nuus berig die huise sal na verwagting in Maart voltooi wees. Die Vrystaatse regering het onderneem om nuwe huise ses maande nadat die damwal by die myn gebreek het, te herbou. Drie mense mense is tydens die ramp in September 2022 dood. Die kontrakteur, Thapelo Lebona, het gesê 54 van die sowat 70 huise sal eerste herbou word wat deur die strome slik vernietig is. Lebona het gesê na die evalueringsverslag is begin met die ontwerpe van die huise. Daar is 22 ontwerpe vir die 54 huise.
![](https://rosestad.co.za/wp-content/uploads/2022/09/Catastrophic-tailings-dam-failure-at-the-Jagersfontein-diamond-mine-South-Africa-September-11-2022-8.jpg)