‘n Huiseienaar in Morewag, Kroonstad, het die in naweek ‘n vermeende inbreker in die vroeë ure, met ‘n byl in sy spore tot stilstand gedwing.

Loraine Earle, ‘n polisie woordvoerder in die Vrystaat, het aan Nuusflits en Rosestad-nuus bevestig dat die polisie na die toneel ontbied is toe die huiseienaar die beweerde inbreker met ‘n byl op die kop geslaan het, terwyl hy glo deur ‘n venster geklim het.

Die verdagte is na ‘n plaaslike hospitaal geneem en is later na ‘n hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas waar hy Dinsdag sy weens beserings oorlede is.

Die polisie het ondersoeke vir beide huisbraak en moord geopen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×