Huldeblyke stroom in na die dood van die voormalige eindredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Dr. Frikkie Lombard.

SABC-nuus berig hy is in die ouderdom van 71 hierdie naweek in Stellenbosch oorlede, nadat kanker in 2022 by hom gediagnoseer is.

Lombard is in 2002 as eindredakteur van die WAT aangestel, en onder sy leiding is nege woordeboekdele voltooi. Hy is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met die C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap sowel as die C.L. Engelbrechtprys.

Hy was ook vir 25 jaar by die Taalkommissie betrokke en was vir 15 jaar sekretaris van dié kommissie.

Die Taalkommissie sê in ‘n verklaring Lombard word nie net onthou as ‘n toegewyde taalkundige en leksikograaf nie, maar ook as ‘n nederige kollega, mentor en vriend.

error: Inhoud is beskerm !!