Huldeblyke van regoor die wêreld stroom in vir die bekende Suid-Afrikaanse slanghanteerder Dingo (Graham) Dinkelman. The Citizen berig 44-jarige Dinkelman is die naweek oorlede nadat hy ‘n maand in die hoësorgeenheid in ‘n geïnduseerde koma deurgebring het.

Dit ná ‘n groen mamba hom by sy huis verlede maand gepik het. Dinkelman, wat honderde duisende volgelinge op sy gewilde YouTube-kanaal en webwerf, Dingo World, versamel het, is verlede maand gepik, wat anafilaktiese skok weens sy allergie vir slanggif veroorsaak het. Sy pa – wat ’n jaar gelede oorlede is – het sy liefde vir die natuur geïnspireer.

Hy het vir die (destydse) Natalse Parkeraad gewerk wat Dingo toegelaat het om groot te word deur natuurreservate tydens vakansies te verken en wild in sy huis te rehabiliteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×