Die hoofafrigter van Springbok-rugby, Jacques Nienaber, het vanoggend met die Bokke se aankoms in die land, gesê dit is ‘n ongelooflike voorreg om vir so lank deel van die Bok-groep te kon wees.

Nienaber sê trots dat die roem egter nooit nie na die spelers se koppe gegaan het nie.  Siya Kolisi het volgens hom nooit die titel van Springbok-kaptein “geword nie” – hy is nog altyd net dieselfde Siya.

Die Bok-breier en Kolisi se rugby-paaie het 14 jaar gelede die eerste keer gekruis. Kolisi het kort na Saterdagaand se wêreldbeker-sege hulde aan Nienaber gebring vir sy reuse bydra tot die Bok-kaptein se rugbyloopbaan.

Nienaber is eersdaags na Ierland op pad, waar hy Stuart Lancaster as die Leinster-klub se afrigter sal vervang.

Die Bok-kaptein sê intussen die Webb Ellis-trofee behoort aan élke Suid-Afrikaner, “ongeag wie jy is”. Siya Kolisi se voete het skaars grond gevat toe hy die media toespreek, nadat die Springbokke vanoggend net na elf by die OR Tambo-lughawe aangeland het.

Die minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, bars van trots. Hy is uiters beïndruk deur die span se gedrag, nie net op die veld nie, maar ook van die rugbyveld af. Hy het gesê die spelers se gedrag wys dat hulle ware Suid-Afrikaanse ambassadeurs is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×