Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente sê hy het pas meer as R2,3-miljard aan sekere van die land se universiteite oorbetaal, terwyl Tvet-kolleges meer as R511-miljoen ontvang het.
Die uitbetalings is gemaak aan die hand van registrasiedata wat by die fonds ingedien moes word.
Die fonds sê sommige instansies het egter die sperdatum verontagsaam, wat beteken dat hulle nie vandeesmaand vir enige betalings in aanmerking kom nie.