Die regering gaan R3,8 miljard vir lenings aan studente in die sogenaamde “verlore middelgroep” beskikbaar stel.
Die “middelgroep” behels studente uit houshoudings met ʼn gesamentlike jaarlikse inkomste van tussen R350 000 en R600 000.
Hierdie studente is tot dusver nie deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente bygestaan nie.
Intussen bly alle oë op die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, se onlangse verhogingsvoorstel van 4,5% vir klasgeld, en 6,5% vir koshuisverblyf vir die land se universiteite.
Die African Transformation Movement sê die voorgestelde verhogings wek kommer voor moontlike teenkanting, wat soortgelyk kan wees aan die protes-optrede van die “Fees Must Fall”-beweging.