Die Vrystaat Landboukollege (VSLK) en International Agriculture Academy for Africa (i3A) sal hulle volgende jaar tot die Bloemfonteinse hooggeregshof wend.
Dit om die Landboukollege Vrystaat (LBKV) te verbied om voortaan sy studente te nader, te werf of aan te moedig om by hulle te studeer.
Netwerk 24 berig verder dat VSLK die hof vra om LBKV te verbied om hul bedrywighede met hulle sin te asssosieer. In ‘n beëdigde verklaring sê die direkteur van i3A, Johann Stassen, dat die LBKV sy naam gebruik om sy onderneming as die van die VSLK voor te hou.
Dit is tot duidelike benadeling van die college, wat ook die sake van i3A skade berokken. Stassen sê voorts dat die gebruik van die naam Landboukollege Vrystaat verwarring versoorsaak en in ‘n poging om mense te mislei, gebruik word.