‘n Immigrasiebeampte is in die streekhof in Zastron in die Vrystaat skuldig bevind op aanklagte van korrupsie van drie-duisend rand. Die polisie sê Ezekiel Mokhachane is deur die Valke in hegtenis geneem nadat mense gekla het dat hy hul reis- en assieldokumente geneem het en geld van die eienaars geëis het. Mokachane is vir vyf jaar tronk toe gestuur sonder die keuse van ‘n boete.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×