Impala Platinum, of Implats, het vanoggend luidens ‘n nuwe verklaring bevestig 11 van sy werknemers is laat gistermiddag in ‘n ongeluk by Impala Rustenburg se nommer elf-skag dood.

‘n Verdere 75 werknemers is in die ongeluk beseer, toe die hysbak waarmee werkers na die oppervlak gebring is, onklaar geraak en na benede geval het.

Luidens die Implats-verklaring is daar rekenskap gedoen vir al 86 van sy werknemers wat deur die ongeluk geraak is.

Moneyweb meld volgens Nico Muller, die groep se hoofuitvoerendebeampte, is alle noodprotokolle na afloop van die ongeluk gevolg.

‘n Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk het reeds begin.

Implats in Suid-Afrika bedryf van die diepste platinum-mynskagte ter wêreld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×