Impala Platinum sê ‘n daling in kommoditeitspryse kan sy wins ‘n enorme knou gee. NewsKoop berig die maatskappy verwag sy winsmarge kan met tot soveel as 90% daal vir sy einde Junie-boekjaar.
Implats word teen R76 miljard op die Johannesburgse Effektebeurs gewaardeer. Die maatskappy is ook gedurende dieselfde geldjaar deur rampspeod getref. Dertien werkers is in November dood toe ‘n hysbak in een van sy myne by Rustenburg na benede geval het. Nog 73 werkers is nie ongeluk beseer.