In Brittanje het owerhede op die grootste enkele besending kokaïen in die land se geskiedenis beslag gelê.
Die dwelms, met ‘n geraamde waarde van 450 miljoen pond, is by ‘n hawe in die suide van Engeland gevind. Die kokaïen was versteek in ‘n Suid-Amerikaanse skeepvraghouer.
Die besending was vermoedelik na Duitsland onderweg. Die kokaïenmark in Brittanje beloop na raming ongeveer vier miljard pond per jaar.