In die eerste nege maande van die jaar was daar 257 plaasaanvalle landwyd, waarin 41 mense vermoor is.

Dit is volgens die jongste inligting van AfriForum, wat statistieke oor plaasaanvalle en plaasmoorde byhou.

Die polisie het nie spesifieke statistieke van plaasaanvalle en plaasmoorde nie.

Dit word kwartaalliks slegs onder moord, poging tot moord, gewapende roof of huisrooftogte bygehou.

‘n Oud-polisiebeampte van Bloemfontein, wie op talle plaasaanvalle gereageer het toe hy in diens van die polisiediens was, het aan Rosestad-nuus gesê dit is loutere
snert dat plaasaanvalle as blote rooftogte afgemaak word.

Hy het gesê die grusaamheid van plaasaanvalle en plaasmoorde is vir hom ‘n baie duidelike teken dat die motief vir hierdie misdade moord is, en niks anders nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×