In die Vrystaat is meer as 30 staatsdiensgeboue in net meer as ‘n week weens COVID-19-infeksies gesluit

 In die Vrystaat is meer as 30 staatsdiensgeboue in net meer as ‘n week weens COVID-19-infeksies gesluit

In die Vrystaat is meer as 30 staatsdiensgeboue in net meer as ‘n week weens COVID-19-infeksies gesluit.

Van die persele is reeds meer as twee keer gesluit.

Die polisiediens het die ergste deurgeloop met 16 polisiestasies en die polisie se hoofkantoor wat gesluit moes word nadat lede die virus opgedoen het.

Die Vrystaat-regering se hoofkantoor in die Fidel Castro-gebou in Bloemfontein is ook deur infeksies geraak.

Kantore van die departemente van Onderwys, Openbare Werke en Finansies is in dié gebou.

Die Bloemfonteinse sentrale brandweerstasie is ook gesluit nadat ‘n lid positief getoets het.

LeandreAdmin@