In Suid-Afrika is 8319 nuwe gevalle van Covid-19 in die afgelope 24-uur siklus bevestig, asook 205 sterftes

 In Suid-Afrika is 8319 nuwe gevalle van Covid-19 in die afgelope 24-uur siklus bevestig, asook 205 sterftes. Van die meeste sterftes is 96 in die Oos-Kaap en 42 in die Wes-Kaap. Die totale dodetal is tans 22,952. Die herstelkoers is 89,7- persent. Intussen gaan die eerste inentings teen die Corona-virus in Amerika binnekort kan begin nadat die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne Owerheid Pfizer-BioNTech se entstof teen Covid-19 goedgekeur het.  ‘n Onafhanklike advieskomitee het gister oorweldigend gestem ten gunste van die entstof en die noodgebruik daarvan aanbeveel. Die entstof  is volgens die jongste kliniese toetse 95-persent effektief teen Covid-19.  Die eerste besending van die entstof wat sowat 2,9-miljoen dosisse is, sal eerste toegedien word aan gesondheidswerkers en uiters blootgestelde persone soos mense wat lantermynsorg kry.

Luister na potgooie hieronder