Inbraak by Zondo-kommissie se kantore in Johannesburg

Netwerk24 berig dat daar gisteraand ‘n inbraak was by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se kantore in Parktown Johannesburg.  Dit is nog onduidelik wat alles gedurende die inbraak gesteel is.  Sover bekend is skootrekenaars onder die buit.  Die kommissie van ondersoek se woordvoerder, Mbuyiselo Stemela, het vanoggend die insident bevestig en gesê ‘n mediaverklaring sal hopelik binnekort vrygestel word sodra meer inligting bekend is.

Luister na potgooie hieronder