Indië verwerp bewerings deur Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, dat Indië ‘n hand in die dood van ‘n Kanadese Sikh-leier gehad het.
Hardeep Singh Nijjar is op 18 Junie in Brits-Columbië, buite ‘n Sikh-tempel doodgeskiet.
Trudeau sê Kanadese intelligensie het betroubare inligting wat skynbaar daarop dui dat Indië se hande nie skoon is nie.