Die Vrystaatse LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ketso Makume, het die Hoë Kommissaris van Indië toegespreek.
Die departement deel in ’n sosiale media plasing dit was tydens ’n mynbou-indaba waarin hy uitgelig het dat minerale ’n beduidende rol in die Vrystaat speel.
Hy brei uit dat mynbou bydra tot die provinsiale ekonomiese ontwikkeling en industriële groei.
Hulle verduidelik dat die funksie van die jaarlikse mynbou-indaba daarop gemik is om met potensiële beleggers betrokke te raak, en die beleggingsgeleenthede in die provinsie ten toon te stel.