Indien daar op sy knoppie gedruk word, is die adjunkpresident van die ANC, Paul Mashatile, oorgehaal om die land se adjunkpresident-skoene vol te staan.
Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig Suid-Afrika se vise-president, David Mabuza, het president Cyril Ramaphosa Vrydag ingelig van sy voorneme om te bedank.
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het egter gesê dat daar nog baie water in die see sal moet loop voordat Mashatile as adjunk aangestel kan word.
Mashatile moes onder meer eers amptelik as lid van die Nasionale Vergadering aangestel word.
Dít het intussen, binne die bestek van minder as ‘n week, gebeur. Mashatile vervang nou die ANC-LP, Tshilidzi Munyai. Munyai het vandeesweek bedank.
Ten tyde van die samestelling van hierdie bulletin, was daar nog geen sprake dat Mabuza bedank het nie.