ʼn Aggressiewe indringerplant, wat bekend staan as waterslaai, is besig om oor die water van die Vaalrivier te groei. Dit hou gevaar in vir alle lewe in die rivier. Luidens berigte doen die nie regerings organisasie, Save Our Vaal Environment, ʼn dringende beroep op die regering om in te gryp om die plant vroegtydig uit te roei. Die organisasie het onder andere aan die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, geskryf. Dié plant floreer glo in water wat met rioolafval besmet is. Dit beweeg tans in die Vaalrivier in die rigting van Parys en die regering moet keer voor dit na die Oranjerivier versprei.
