Infeksie-spesialis van Bloemfontein se ma het ook Covid-19 opgedoen

 Infeksie-spesialis van Bloemfontein se ma het ook Covid-19 opgedoen

Dr. Cloete van Vuuren, bekende infeksiesiekte-spesialis van Bloemfontein en hoof van die departement interne medisyne van 3 Militêre Hospitaal, se ma, Fèbè (81), het ook Covid-19 opgedoen.

Dr. Van Vuuren, een van drie geregistreerde infeksiesiekte-spesialiste in die Vrystaat, sê sy pa, Prof Martin van Vuuren, versorg sy ma tuis in ‘n Bloemfonteinse aftreeoord.

Netwerk24 het van Dr Van Vuuren verneem sy ma is nou op dag tien en beslis beter, terwyl sy pa nie aangesteek het nie.

Hy sê ook hy weet nie waar sy ma die virus opgedoen het nie, aangesien hulle baie versigtig was en die heeltyd hulle maskers gedra het.

Hy voer verder aan dat daar bewys is dat mense wat maskers dra, nie so siek word nie en dikwels a-simptomaties is, terwyl mense wat nie maskers dra nie meer simptomaties is en ernstiger siek raak.

Volgens Dr Van Vuuren het die getal pasiënte met Covid-19 in Bloemfonteinse hospitale baie afgeneem.

LeandreAdmin@