Inflasie het van 5,2% tot 4,9% teruggesak

Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het van 5,2% in Mei tot 4,9% in Junie teruggesak.

Volgens Statistieke Suid-Afrika was van die belangrikste bydraende faktore kos, nie-alkoholiese drank, behuising en nutsdienste.

Laura Campbell, ‘n Econometrix ekonoom, is egter van mening dat die onlangse onrus in Suid-Afrika oor die korttermyn opwaartse druk op die inflasiekoers kan plaas.

Sy sê die plundering en brandstigting kan lei tot tekorte in produkte soos kos en medisyne, wat inflasie oor die korttermyn kan opstoot. 

Campbell het ook gesê hooflyninflasie behoort oor die res van die jaar te stabiliseer.

Die Reserwebank sal môre sy besluit oor die uitleenkoers aankondig.

Luister na potgooie hieronder