Statistiek Suid-Afrika, of StatsSA, het vandag bekendgemaak dat die jaarlikse inflasie in Februarie tot 5,6% gestyg het teenoor 5,3% in Januarie en 5,1% in Desember.

Maroela Media berig dienste soos behuising en nutsdienste, versekering, sekere kossoorte, nie-alkoholiese drankies asook vervoer is grootliks verantwoordelik vir die jongste styging. Volgens StatsSA het ‘n maand tot maand styging van 10,3% in mediese-fonds-premies die jaarlikse koers vir gesondheidsversekering tot 12,9% laat styg. Alle soorte versekering het die afgelope jaar met 9,5% gestyg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×