Informele handelaars in die Universitas woonbuurt in Bloemfontein verkoop vermoedelik dwelmmiddels vanuit hulle stalletjies op sypaadjies. Herman Lombaard van NCA sê dit het via betroubare bronne onder hulle aandag gekom dat van die smouse hier beslis dagga verkoop. Hy het bygevoeg die kanse is dan ook baie goed dat dié informele handelaars, wat tradisioneel lekkergoed en vrugte verkoop, ook ander dwelmmiddels soos Mandrax-tablette en Tik verkoop.  Lombaard het gesê met die dat daar soveel studente in Universitas woon, dit waarskynlik ‘n goeie afsetgebied vir dwelmmiddels daarstel. Hy het ‘n beroep op ouers gedoen om hulle kinders hieroor te waarsku.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×