Die finansiering van infrastruktuur in Suid-Afrika sal teen 2050 sowat vyf-duisend-700-miljard-rand beloop. Mameetse Masemola, hoof van Infrastructure SA, het tydens die simposium oor Volhoubare Infrastruktuur-ontwikkeling in Kaapstad gepraat.

Netwerk 24 berig Mohale Rakgate, wat die regering se infrastruktuurfonds lei, het gesê die regering se infrastruktuurfonds het tans 25-miljard-rand wat hy stuksgewys van die nasionale tesourie gekry het. Dié geld word nou gebruik om tot 70-miljard-rand van elders, soos van die ontwikkelingsfinansierings-agentskappe en private pensioenfondse te mobiliseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×