Die African Transformation Movement sê dringende ekonomiese hervorming is nodig om SA se astronomiese werkloosheidsyfer onder beheer te probeer bring.
Die party glo dat werkloosheid aangevuur word deur ‘n onderwysstelsel wat, volgens hom, nie daarin slaag om vaardighede vas te lê waarby die land se ekonomie kan baat nie.
ATM-woordvoerder, Zama Ntshona, sê ekonomiese oplewing moet in die land se nywerheidsektor bewerkstellig word, ten einde volhoubare werksgeleenthede daar te kan stel.
Met meer as 31 persent van die land se mense wat nie werk nie, is Suid-Afrika se werkloosheidsyfer een van die hoogstes ter wêreld.