Volgens die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het die regering ingrypings in plek om die impak van stygende elektrisiteitskoste op huishoudings te help versag.
In reaksie op ‘n geskrewe parlementere antwoord oor die nuwe tariewe en ander Eskom-bedrywighede, sê hy om meer mense te bereik sluit dit die uitbreiding van die gratis basiese elektrisiteitsprogram in.
Die minister sê ook die regering erken die finansiële druk op verbruikers en besighede as gevolg van die 12,7% elektrisiteitstariefverhoging wat op 1 April van krag is.
Hy sê dit is ongelukkig deel van ‘n breër poging om Eskom se finansiële volhoubaarheid te stabiliseer.