Om inheemse tale by Suid-Afrikaanse universiteite in te sluit, behoort ’n integrale deel van dekolonisering te vorm.

Aldus professor Francis Petersen, rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat, lei dit ook tot doeltreffende onderrig.

Luidens Netwerk24, meen Petersen Erfenismaand bied ‘n gepaste geleentheid aan hoëronderwysinstellings om krities te kyk na wat gedoen word om
meertaligheid op kampusse te bevorder.

Die gebruik van inheemse tale in die akademiese en wetenskaplike sfere moet volgens hom ontwikkel word.

Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het die dekade van 2022 tot 2032 as die Internasionale Dekade van Inheemse Tale geproklameer.

Petersen sê Suid-Afrikaanse instellings van hoër onderwys behoort hierdie belangrike wêreldwye veldtog aan te gryp en te ondersteun.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×