’n Gesamentlike inheemseveldbok-inkubasieprojek in die Barolong Boo Seleka koninkryk by Thaba ’Nchu, oos van Bloemfontein, is deur AfriForum, die familieboernetwerk Saai en die kantoor van Kgosi Gaboilelwe Moroka afgeskop. Afriforum sê in ‘n verklaring die projek begin met ’n aanvangskudde van 21 Nguni-inheemseveldbokke en bokboerdery-opleiding deur Gerhard Lourens, van LGL Inheemseveldbokstoet, aan plaaslike kleinboere en Moroka en haar span.

Die doel van dié projek is om plaaslike kleinboere met kennis en vaardighede toe te rus om bestaans- en kleinskaalse boerdery te ontwikkel tot winsgewende ondernemings. Dit is ook om ’n bokkudde daar te stel wat mettertyd tot ’n volhoubare bokboerdery sal ontwikkel en bokke sal lewer om verdere ontwikkelingsprojekte op voetsoolvlak te loods.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×