Twee verdagtes wat van die poging tot moord op ‘n advokaat van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Coreth Naudé, aangekla word, sal in aanhouding bly.
Die twee het gister in die Durban-landdroshof verskyn, nadat hulle Naudé glo in Julie geskiet het. Naudé was ten tyde van die voorval besig met ‘n belastingondersoek na die sakevrou Shawn Mkhize.
Die polisie het die twee verdagtes verlede week in die Wes-Kaap in hegtenis geneem, en hulle sal weer Maandag in die hof verskyn. Die staat het aan die hof gesê nog verdagtes kan binnekort inhegtenis geneem word.