Môre is D-dag vir voorlopige belastingbetalers.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens herinner, en waarsku ook, alle voorlopige belastingbetalers daaraan dat die sperdatum vir opgawes van die 2022/23-belastingjaar, 24 Januarie is.
Die inkomstediens sê hy sal géén genade toon teenoor diegene wie versuim om opgawes in te dien, of wat versuim om die nodige geld aan hom oor te betaal nie.
Enigiemand wat benewens ‘n salaris, nog ‘n inkomste ontvang, behoort as voorlopige belastingbetaler geregistreer te wees. Dieselfde geld ook vir trusts.