Sedert Janusz Walus, die 69-jarige Poolse immigrant wat tronkstraf uitdien vir die moord op Chris Hani, gistermiddag in die tronk met ‘n skerp voorwerp gesteek is, het bronne vanuit die tronk meer inligting oor die voorval verskaf.

Walus is ongeveer vyfuur gistermiddag in die Kgosi Mampuru-gevangenis met ‘n skerp voorwerp gesteek toe hy glo tou gestaan het om kos te kry.

Maroela Media berig ‘n onberispelike bron het gesê een van die ander gevangenes het die aanvaller weggestamp nadat hy die voorwerp uitgepluk en Walus gesteek het.

Die bron beweer die aanvaller het aan hom gesê dat hy met die aanval reguit vir Walus se hart gemik het.

Die bron het gesê hy is daarvan oortuig dat die aanvaller opdrag van elders ontvang het om Walus dood te maak.

Daar word bespiegel dat die aanvaller ‘n voormalige MK-lid is wat tronkstraf uitdien vir ‘n dubbele moord wat ‘n paar jaar gelede groot opspraak gewek het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×