Internasionale fonds skenk miljarde om Covid-19 se uitwerking te beperk

 Internasionale fonds skenk miljarde om Covid-19 se uitwerking te beperk

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad het die bykomende R636-miljard verwelkom wat deur die Global Fund vir Covid-19-bekamping toegeken is.

Die fondse moet volgens die organisasie se riglyne aangewend word, om die uitwerking van die pandemie op vigs-, malaria- en tuberkulose programme teen te werk.

Die huidige projekte rondom hierdie siektes moet ook met die befondsing ondersteun word.

Die waarnemende uitvoerende bestuurder, Coceka Nogoduka, sê Suid-Afrika het steeds die grootste MIV-behandelingsprogram in die wêreld, met sowat 4,5-miljoen pasiënte wat anti-retrovirale behandeling ontvang.

LeandreAdmin@