Interpol moet dringend ingryp om die toenemende oorgrens-veediefstal en gepaardgaande geweld by die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho ‘n nekslag toe te dien.

Voorts pleit AfriForum en Saai by Jürgen Stock, Interpol-sekretaris-generaal vir ‘n omvattende assessering, asook hulpbronne wat plaaslike wetstoepassers sal toerus vir die suksesvolle beskerming van boere in die grensgebied.

Aldus AfriForum word misdaad hier meer gewelddadig, en verwoes dit nie slegs die streek se ekonomie nie, maar lei dit ook tot ‘n toename in lewensverlies onder boerderygemeenskappe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×