Sosiale media gons oor ’n inwoner van Warden in die Vrystaat wat huishoudelike vullis by die plaaslike munisipale kantoor gestort het.
Volgens ’n video doen hy dit glo uit protes teen swak dienslewering.
Al is die feite rondom die voorval nog nie bevestig nie, skets talle kommentare ’n prentjie van ’n gemeenskap wat gefrustreerd is.
In die video kla die man dat hy geen dienste ontvang nie.
In reaksie op ’n vraag van Rosestad-nuus oor die insident, kon ’n plaaslike inwoner net lag en sê die gebeure is bloot die gevolg van aanhoudende frustrasie oor swak dienslewering.
Die video is reeds meer as 346 000 keer gekyk en het byna 4 000 kommentare uitgelok, al is dit eers gister op TikTok geplaas.
Mense van verskeie agtergronde steun die man se optrede.
Lunga Mthembu sê dit is “100 persent reg”, terwyl Ntwe Ntsho meen sy sou graag deel daarvan wou wees.
Ander sê hulle voel daardeur geïnspireer.
KYK HIER: