Inwoners van Bloemhof en Christiana aan die oewer van die Vaalrivier in Noordwes, het begin om hul huise en gastehuise te ontruim, in afwagting op moontlike oorstromings. ‘n Eienaar van ‘n plaaslike gastehuis, Sias Meyer het aan die SAUK gesê dat hulle gewaarsku is dat die rivier se watervlakke binnekort kritieke hoogtes kan bereik, en dat dit in hul beste belang is om hulself uit die gebied te verwyder. Voortslepende reën in die rivier se opvangsgebied het gelei tot ‘n drastiese styging in die Vaaldam se watervlak. Die Bloemhofdam is ook tans sowat 108 persent vol, met ‘n uitvloei van sowat ‘n duisend-22 kubieke meter per sekonde. Dit sal na verwagting die watervlak stroomaf teen ‘n kommerwekkende tempo opstoot. Die Lekwa Teemane plaaslike munisipaliteit het bevestig dat rampbestuurspanne op ‘n gereedheidsgrondslag is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×