Inwoners in die Harrismith-omgewing het Woensdag opnuut gewelddadig geraak

Inwoners in die Harrismith-omgewing in die Vrystaat het Woensdag opnuut gewelddadig geraak en ‘n vragmotor op die N3 aan die brand gesteek.

Die inwoners het weer ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen en gevra vir ingryping oor hul ontevredenheid met die Maluti-a-Phofung munispaliteit wat in beheer is van Harrismith.

Soos vroeër berig wil hulle die dorp onder ‘n ander munisipaliteit se bestuur hê en sê tans is daar geen dienslewering nie.

Luidens berigte is veertien mense ook vir openbare geweld in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Intussen is daar vandag ‘n verdere sewe mense in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Luister na potgooie hieronder