Hoewebewoners en plaaseienaars aan Bloemfontein se suidekant, dreig aldus raadslid Dave McKay, nou om met trekkers die besetters se informele huise plat te stoot.
Netwerk24 berig daar is teen gister reeds meer as ‘n duisend plakkershutte staande gemaak op grond wat glo die eiendom van die Manganung-metro is. Nagenoeg 3000 mense is Saterdag na die oop stuk grond aangery. Erwe is uitgemerk en woonstrukture is in ‘n japtrap opgerig. Die vermoede bestaan glo dat die massa-aksie fyn beplan is, en ook na bewering deel is van ‘n sogenaamde politieke spel.
Die hooggeregshof het laat Saterdagmiddag ‘n uitsettingsbevel uitgereik en sekere mense is ook in hegtenis geneem. Die Mangaung-metro se uitvoerende burgemeester, het egter die mense wat hulle hier kom tuis maak het vir eers gerus gestel. Die South African National Civics Organisation, Sanco, het die gesindheid van uitvoerende burgemeester Gregory Nthatisi geloof.
Die organisasie bestempel dit as ‘n oorwinning vir die gemeenskap, dat die burgemeester onderneem om toe te sien dat mense so gou moontlik van alle noodsaaklike dienste voorsien sal word. Luidens ‘n verklaring is Sanco beïndruk met Nthatsi se besluit dat gemeenskapslede wat reeds woonstrukture opgerig het, op die erwe wat uitgemerk is mag bly, terwyl die Mangaung-metro, die toekenning van persele ondersoek.
Die South African National Civics Organisation, Sanco, het intussen die gesindheid van uitvoerende burgemeester Gregory Nthatisi geloof. Die organisasie bestempel dit as ‘n
oorwinning vir die gemeenskap, dat die burgemeester onderneem om toe te sien dat mense so gou moontlik van alle noodsaaklike dienste voorsien sal word. Luidens ‘n verklaring is Sanco beïndruk met Nthatsi se besluit dat gemeenskapslede wat reeds woonstrukture opgerig het, op die erwe wat uitgemerk is mag bly, terwyl die Mangaung-metro, die toekenning van persele ondersoek.