Inwoners van Bloemfontein se suidelike woongebiede sit sedert Sondag sonder ‘n druppel water.
Dít nadat ‘n pyp tussen die Dehoek en Uitkyk-reservoir gebars het.
Die Mangaung-metro het gistraand luidens ‘n verklaring gesê die herstelwerk vorder.
Watertoevoer na die suide, kan egter eers heelwat later vandag verwag word. S
odra die gebarste pyp herstel is, sal dit nog ‘n geruime tyd neem vir alle reservoirs om vol te loop.
Inwoners moet kennis neem dat wanneer water aanvanklik beskikbaar raak, die drukking vir hierdie rede steeds baie laag kan wees.