Inwoners van Bloemfontein was gister bekommerd dat daar ʼn bomdreigement by die Pelonomi Tersiêre Hospitaal in Bloemfontein was.

Die Departement van Gesondheid in die Vrystaat het egter bevestig dat daar geen bomdreigement was nie.

Die departement het gesê daar was wel ’n beplande ontruimings-oefening.

Departementswoordvoerder, Mondli Mvambi, het gesê dit was ‘n doelbewuste oefening om die fasiliteit se gereedheid te bepaal om te ontruim indien daar ‘n
werklike bomdreigement sou wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×