Inwoners van Botshabelo buite Bloemfontein het ‘n beroep op die minister van Polisie, Bheki Cele, gedoen om die getal polisiestasies en beamptes in die gebied te vermeerder. Hulle sê Botshabelo het slegs twee polisiestasies wat die hele bevolking moet bedien. Cele en die bestuur van die Polisiediens het ‘n opvolgbesoek gedoen na ‘n Presidensiële Imbizo verlede maand in die Mangaung Metro. Die leier van die Botshabelo Misdaadbestryders, Seiso Mokatsa sê bendebedrywighede is veral ‘n groot uitdaging in die gemeenskap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×