FOTO: Bloemfontein Courant

Gemoedere het teen vroegaand Maandag nog hoog geloop by die maatskaplike behuisingseenhede in die Brandwag woonbuurt in Bloemfontein.

Honderde ontstoke inwoners het Maandag buite die woonstelblokke saamgedrom, terwyl taakspanne met die proses begin het om te bepaal of inwoners aan die vereistes voldoen om hier te woon.

Die behuisingskema van die Mangaung-metro is geoormerk vir mense wat minder as R7 500 per maand verdien. Tog word daar beweer talle wat hier woon, verdien ver meer. Besighede word ook glo onwettig vanuit die woonstelle bedryf. Owerhede het beslag gelê op drank en yskaste, van taverne wat onwettig hier bedryf word. Sello More, stadbestuurder van die metro, sê aan SABC News hier is ook ‘n karwas-onderneming met ‘n onwettige aansluiting tot munisipale water.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×