Inwoners van Harrismith ondersteun nie die protes-optrede nie

Harrismith in die Vrystaat gaan die afgelope maand gebuk onder anargie en misdadige optrede weens betogings oor swak dienslewering.

Soos vroeër berig is inwoners ontvrede oor dienslewering en dring daarop aan dat die gebied uit die Maluti-a-Phofung munisipaliteit geskuif word.

Netwerk24 berig Leona Kleynhans, ‘n DA-raadslid in die munisipaliteit sê egter heelwat van die kwessies waaroor Neo
Motaung en sy volgelinge betoog is geldig, maar sê ook niemand steun dié groep se misdadige optrede nie.

Protesoptrede het op 24 Mei begin en luidens ‘n verklaring het die polisie tot dusver 12 mense in hegtenis geneem.

Luister na potgooie hieronder