Die DA sê hy glo die inwoners van Orania in die Noord-Kaap en Kleinfontein buite Pretoria het ingevolge die grondwet ‘n reg op selfbeskikking.

SABC-nuus berig die party het gepraat tydens ‘n debat oor dié gemeenskappe in die Nasionale Vergadering.

Die EFF-leier, Julius Malema, het die debat aangevra, en gesê die bestaan van sulke gemeenskappe hou ‘n bedreiging in vir nasiebou en maatskaplike samehorigheid.

Die DA-parlementslid, Mlindi Nhanha, sê die grondwet waarborg die reg tot vryheid van keuse en assosiasie.

error: Inhoud is beskerm !!