Ontevrede inwoners van Parys het gister die dorp se substasie beset omdat hulle ongeag beurtkrag, ook in sekere woonbuurtes rotasie krag het waartydens krag afgeskakel word. Netwerk 24 berig die elektrisien wat die elektrisiteit moes aanskakel, het volgens Saal se Jager, ‘n DA-raadslid, gevlug met dele van Parys en die twee townships wat gisteraand in duistenis gehul was. Inwoners het die substasie beset omdat sekere woonbuurtes se krag afgeskakel was. Die rotasie krag of wat hulle “smartie krag” noem, word deur die Ngwathe munisipaliteit toegepas sodat Eskom se transformators nie oorlaai word nie. Dié munisipaliteit skuld Eskom baie geld en daarom word die kapasiteit van transformators nie vergroot nie. Die polisie was teen laataand nog op die toneel. Parys se inwoners het ook die afgelope twee weke nie water gehad nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×