Inwoners van Pellissier in Bloemfontein mobiliseer teen Mangaung Metro en Bloemwater weens watertekorte

Die inwoners van die Pellissier woonbuurt in Bloemfontein sal na verwagting vandag ‘n interdik indien teen die Mangaung Metro sowel as Bloemwater.
Dit kom nadat Bloemwater die waterlewering laas week opgeskort het nadat die Mangaung Metro nie hulle rekening betaal het nie.
Die inwoners is van mening dat dit teen hulle grondwetlike reg is, en dat betaalende inwoners nou gesraf word vir interne stuwelinge tussen Bloemwater en Mangaung Metro.
Sommige inwoners is ook van mening dat die watertekort nie help met die bekamping van die verspreiding van Covid19 nie, aangesien hulle nie hande kan was nie.
Die ander woonbuurte wat lei onder die watertekorte is ook uitgenooi om ‘n interdik in te dien.
Intussen het Rosestad Nuus inligting ontvang dat ‘n verteenwoordiger vanoggend met Bloemwater sal vergader met die hoop om vandag die watertekorte op te klaar.

Luister na potgooie hieronder